Lees ook: Vliegtuigongeluk in Nepal eis vyf
KATMANDOE, NEPAL. – 18 uit 19 mense is oorlede na ‘n vliegtuig vanoggend tydens opstyging van die aanloopbaan van die lughawe in Katmandoe, Nepal, gegly het.
Die enigste persoon wat oorleef het, is een van die twee vlieëniers wat na ‘n hospitaal geneem is met beserings aan sy oë.
Dit is onduidelik wat daartoe gelei het dat die vliegtuig tydens die opstyging van die aanloopbaan gegly het.
Bronne: Euronews, The New York Times, Sky News
Lees ook: Vliegtuigongeluk in Nepal eis vyf





