Lees ook: Koue fronte vir die naweek voorspel
PORT ALFRED. – ‘n Man het in die Kowie-riviermond by Port Alfred uit ‘n visvang-skiboot geval.
Die man het uit die boot geval na ‘n groot brander dit getref het. Die skipper het die boot verder na veiligheid deur die riviermond gekry.
Hy het die NSRI gekontak wat die man, wat nie beseer was nie, kon red.
Bronne: NSRI





