Dwelms van R300 m. in Fourways onderskep, sakeman gered

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het Woensdagaand dwelms ter waarde van R300 m. by ‘n huis in Fourways onderskep. ‘n Sakeman wat ontvoer is, is ook gered.

Brig. Athlenda Mathe sê inligting wat ontvang is, het ‘n multidissiplinêre span na ‘n hotel in East Gate en twee woonstelle in Fourways gelei. Crystal meth met ‘n waarde van R300 m. is ontdek, waarna ses verdagtes in hegtenis geneem is.

‘n Sakeman is op 5 Julie by ‘n moskee in Helderkruin, in Roodepoort, ontvoer en is by ‘n huis in Lenasia ontset. Die teen-ontvoeringstaakspan het verlede week die eerste twee verdagtes vasgetrek. Agt verdagtes, waarvan drie Tanzaniese burgers, is vir die ontvoering in Johannesburg in hegtenis geneem.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie, lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing en lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris van Gauteng, het die toneel besoek.

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief