KYK: Babameisie dood in vullissak ontdek

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n pasgebore babameisie is Woensdag in Hammonds Farm, Waterloo, in ‘n wit bebloede sakkie in ‘n swart vullissak ontdek.

Reaction Unit South Africa sê ‘n man wat na skrootmetaal by ‘n vullisstortingsterrein gesoek het, het die ontdekking van die bebloede sakkie, wat hy gedink het vleis bevat, gemaak.

Die man het die pakkie oopgemaak en op die liggaam van die baba met die naelstring en plasenta nog aangeheg afgekom. Hy is na ‘n nabygeleë huis om Rusa vir hulp te ontbied.

‘n Bloedbesmeerde T-hemp, doeke en toiletpapier was ook in die vullissak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief