KYK: Babameisie dood in vullissak ontdek

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n pasgebore babameisie is Woensdag in Hammonds Farm, Waterloo, in ‘n wit bebloede sakkie in ‘n swart vullissak ontdek.

Reaction Unit South Africa sê ‘n man wat na skrootmetaal by ‘n vullisstortingsterrein gesoek het, het die ontdekking van die bebloede sakkie, wat hy gedink het vleis bevat, gemaak.

Die man het die pakkie oopgemaak en op die liggaam van die baba met die naelstring en plasenta nog aangeheg afgekom. Hy is na ‘n nabygeleë huis om Rusa vir hulp te ontbied.

‘n Bloedbesmeerde T-hemp, doeke en toiletpapier was ook in die vullissak.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief