Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet oor hijab

Lees ook :

Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet want sy het na bewering sonder kopbedekking gery
Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet oor hijab fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrou 74 keer geslaan in Iran na sy weier om hijab te dra

Iran. – ’n Iranse vrou is verlam na sy glo deur die polisie geskiet is toe hulle haar motor wou voorkeer omdat sy sonder ’n kopbedekking gery het.

Arezoo Badri het op 22 Julie in Noor, Iran, gery toe die polisie haar wou voorkeer omdat sy glo gery het sonder om haar hare te bedek. Sy het glo nie stilgehou nie en die polisie het op die motor geskiet.

’n Polisiehoof in Noor het bevestig die polisie het op ’n bestuurder wat nie wou stilhou nie, geskiet, maar het nie bevestig dat dit Badri was nie.

Badri is in ’n streng bewaakte militêre hospitaal in Tehran. Volgens die BBC mag haar familie net vir kort rukkies by haar kuier en is verbied om foto’s of video’s van haar te neem.

Bronne: The Independent, Mirror, First Post

Lees ook: VSA stuur duikboot na Midde-Ooste na kommer oor Iran-aanval toeneem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief