Lees ook: Andrew Tate en broer weer onder huisarres na nuwe ondersoek oor mensehandel
ROEMENIË. – Andrew Tate se luukse voertuie is die naweek gekonfiskeer na hy onder huisarres geplaas is oor ’n nuwe ondersoek.
Tate, sy broer en twee vrouens is reeds aangekla van mensehandel en die vorm van ’n kriminele bende met die doel om vrouens uit te buit. Hy word ook van verkragting aangekla.
In ’n nuwe ondersoek word Tate en sy broer saam met nog vier mense aangekla van die mensehandel in minderjariges, geldwassery, seksuele kontak met minderjariges en peuter met sakedokumente.
’n Ferrari, Lamborghini, Mercedes-Benz, McLaren en Lada is by Tate gekonfiskeer.
Bronne: New York Post, Inquirer, AP News
Lees ook: Andrew Tate en broer weer onder huisarres na nuwe ondersoek oor mensehandel





