Lees ook: Barack en Michelle Obama ondersteun Kamala Harris vir presidentskap
VSA. – Taylor Swift het haar ondersteuning vir Kamala Harris as die volgende president van Amerika uitgespreek kort na Harris se presidensiële debat met Trump.
Swift het in ‘n plasing op Instagram gesê sy dink hulle kan meer bereik in die land as hulle “deur kalmte gelei word en nie chaos nie”. Sy het gesê sy gaan stem vir Kamala Harris omdat sy veg vir die regte wat sy glo ‘n “warrior” nodig het om deur te druk.
Swift het ‘n foto van haar en haar kat op die plasing gedeel en die boodskap onderteken as “Childless Cat Lady”. Dit is ‘n verwysing na kommentaar gemaak deur JD Vance, Trump se eerste maat, wat gesê het vrouens sonder kinders het nie ‘n gelyke belang in die toekoms van die land nie.
Swift het ook aandag gevestig op die KI-beelde van haar wat gebruik is om te sê sy ondersteun Trump vir president en het gesê dit het haar laat besluit om haar keuse duidelik te maak.
Bronne: Euronews, EWN, BBC, Instagram
Lees ook: Barack en Michelle Obama ondersteun Kamala Harris vir presidentskap





