Gesoekte verdagtes in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het Dinsdagmiddag twee verdagtes doodgeskiet wat in verband met ‘n skietinsident op 11 September gesoek is.

Kol. Robert Netshiunda sê die skietinsident, waartydens sewe persone van ‘n familie, insluitend drie kinders, doodgeskiet is, het op die nag van 11 September in Hlokozi in Highflats plaasgevind.

“Die polisie het inligting opgevolg toe ‘n voertuig wat ooreenstem met die beskrywing van die een waarin die verdagtes na bewering ry, gewaar is. Die polisie het die bestuurder van die voertuig beveel om te stop, waarna die verdagtes skote op die polisie geskiet het en die polisie uit selfverdediging teruggeskiet het.”

Twee verdagtes, asook ‘n vrou wat in die verdagte voertuig was, is tydens die skietery met die polisie noodlottig gewond. ‘n Geweer en polisie-uitgereikte pistool is tussen die verdagtes se eiendom gevind.

Kol. Netshiunda sê die polisie soek na nog ‘n verdagte wat te voet ontsnap het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief