Lees ook: Tesla-voertuig raak aan die brand, vier mense dood
KALIFORNIЁ. – ‘n Man is Saterdag naby Donald Trump se saamtrek in Coachella in hegtenis geneem met onwettige vuurwapens in sy voertuig.
Die man, Vem Miller (49), is later vrygelaat na hy by ‘n veiligheidskontrolepunt voorgekeer is. ‘n Handgeweer en haelgeweer en ‘n hoëkapasiteitmagasyn is in sy voertuig gevind. Hy is in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.
Miller het gesê hy is ‘n Trump-ondersteuner en was nie van plan om hom seer te maak nie.
Bronne: BBC, The Irish Times, ABC News
Lees ook: Tesla-voertuig raak aan die brand, vier mense dood





