Lees ook: Maak klaar vir duurder brandstof in November
Sasol het met ‘n digitale stelsel, Tipped, saamgespan om kliënte in staat te stel om vir petroljoggies ‘n fooitjie te gee deur hulle slimfone te gebruik. Tipped is ‘n digitale betaalsisteem wat ‘n QR-kode en ‘n digitale beursie gebruik.
Die stelsel wil Sasol se toewyding aan uitstekende kliëntediens demonstreer en kliënte help om hulle dankbaarheid vir goeie diens te wys deur die petroljoggie te vergoed. Die gee van ‘n digitale fooitjie sal die hantering van kontant uitskakel en die joggie beheer oor sy eie geld gee.
Bronne: Sasol
Lees ook: Jhb-burgemeester wil met Kabelo Gwamanda vergader ná inhegtenisneming





