LIMPOPO. – ‘n Bestuurder het gesterf toe drie swaarmotorvoertuie Donderdagoggend op die R510, naby Molalatau Lodge in Lephalale (Ellisras), in die Waterberg-distrik, in ‘n ongeluk betrokke was.
Die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê nog ‘n persoon het beserings opgedoen. Die pad was teen ongeveer 12:00 vir verkeer geopen. Medelye is teenoor die familie van die oorledene uitgespreek.
Motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik maak.





