KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (6) het vroeër Donderdag gesterf na hy deur ‘n voertuig in Ndwedwe getref is.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die diens is na ‘n toneel van ‘n voetganger wat deur ‘n voertuig getref is. Met aankoms is ‘n 6-jarige seun in ‘n kritieke toestand aangetref. IPSS Medical Advanced Life Support is vir hulp na die toneel ontbied.
“Ten spyte van die beste pogings van almal op die toneel, het die seun ongelukkig aan sy beserings beswyk.”
Die polisie was teenwoordig en verdere ondersoek word ingestel.
“Ons innige meegevoel gaan uit na die familie en vriende van die jong seun.”





