Lees ook: Nog ‘n petisie begin teen Mej. Heelal Nigerië, Chidimma Adetshina
DENVER, VSA – ‘n Tiener (15) is in die hospitaal opgeneem en veg tans teen nierversaking weens komplikasies van voedselvergiftiging na sy by McDonald’s geëet het.
McDonald’s in die VSA het in Oktober ‘n uitbraak van e.coli gehad met gekontamineerde uie wat voorlopig as die oorsaak geïdentifiseer is. Kamberlyn Bowler (15) het drie keer kort na mekaar hamburgers by McDonald’s geëet voor die waarskuwing oor die e.coli uitgereik is.
Sy is een van 75 mense wat siek geraak het en een van 22 wat in die hospitaal opgeneem is. Een persoon is oorlede.
Bowler se ma is een van verskeie mense wat McDonald’s dagvaar.
Bronne: The Independent, Newsweek, ABC News
Lees ook: Nog ‘n petisie begin teen Mej. Heelal Nigerië, Chidimma Adetshina





