WES-KAAP. – Christopher Logan wat in 2022 Hank’s Old Irish Pub van beweerde rassisme beskuldig het, moet R1.25 m. aan hulle opdok.
‘n Video van die voorval is op sosiale media versprei. Die video wys hoe Logan vir sy vriend teen vermeende rassisme opstaan. Logan en Thabiso Danca het nie die kroeg as groep binnegegaan nie. ‘n Uitsmyter het glo gesê Danca kan nie sonder dat hy deur ‘n persoon in die kroeg geïdentifiseer is, ingaan nie. Logan het die kroegeienaar gekonfronteer en Danca het glo klagtes geopen. Die kroeg het dit duidelik gemaak hulle het nog nooit iemand op grond van ras of kleur weggewys nie en sou ‘n interne ondersoek loods.
Renaldo Gouws, ‘n menslikehulpbronnespesialis, het die nuus van die hofuitspraak op sosiale media gedeel en klem gelê op: onskuldig tot skuldig bewys.
Kyk verder hier onder wat Willem Petzer, wat ook voorheen inligting oor die aangeleentheid op sosiale media gedeel het, oor die saak en uitspraak sê:
Lees meer hoe Nuusflits voorheen oor die aangeleentheid berig het:





