Amerikaner deur polisie in sy huis doodgeskiet na hy 911 bel

Lees ook :

Amerikaner deur polisie in sy huis doodgeskiet na hy 911 bel
Amerikaner deur polisie in sy huis doodgeskiet na hy 911 bel fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Trump kies WWE-medestigter & Dr. Oz vir belangrike poste

LAS VEGAS, VSA. – ’n Man (43) wat die polisie gebel het vir hulp na iemand by sy huis ingebreek het, is deur die polisie doodgeskiet.

Brandon Durham het op 12 November 911 gebel na twee mense buite sy huis geskiet het en probeer inbreek het. Die polisie het voertuie met stukkende vensters buite gekry en skade aan die huis opgemerk. Hulle het ook gehoor iemand skree in die huis, dus het Alexander Bookman (26), die polisieman wat Durham geskiet het, die voordeur oopgeskop om by die huis in te gaan.

Beeldmateriaal wat deur die polisie vrygestel is, wys hoe Bookman deur die huis met sy vuurwapen loop. Bookman het Durham in die gang gekry waar hy met ’n vrou in ’n ski-masker oor ’n mes baklei het. Bookman het geskree: “Hey, laat val die mes, laat val die mes!” en toe skiet hy Durham.

Hy het daarop gesê: “Steek jou hande in die lug” en toe nog vyf skote op Durham, wat op die vloer gelê het, geskiet.

Durham is op die toneel dood verklaar. Die vrou wat ingebreek het, is in hegtenis geneem. Sy en Durham was glo voorheen in ’n romantiese verhouding. Bookman is op betaalde verlof geplaas terwyl die polisie ondersoek of hy reg opgetree het.

Bronne: BBC, USA Today, CBC News

Lees ook: Trump kies WWE-medestigter & Dr. Oz vir belangrike poste

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief