Meer foto’s in berig.
NOORDWES. – Michael Cilliers (29), van ‘n kleinhoewe in Vyfhoek, het Dinsdag 19 November op aanklagte van die kweek en handel in dagga, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en springstof in die Potchefstroom-landdroshof voorgekom.
Kol. Amanda Funani sê ‘n deusoekingslasbrief is vir die kleinhoewe bekom en is op 14 November uitgevoer. Tydens deursoeking het die polisie op twee gewere, een selfgemaak, ammunisie en drie selfgemaakte springstoftoestelle (twee handgranate en ‘n pypbom) afgekom. ‘n Hidroponiese daggalaboratorium met dagga en daggaplante met ‘n geskatte straatwaarde van R10 m. is ook ontdek.
Die saak teen Cilliers is tot 4 Desember uitgestel.








