Lees ook: Slotargumente in Malema-vuurwapensaak vandag aangehoor
Die vuurwapensaak teen Julius Malema en Adriaan Snyman is uitgestel tot 23 Januarie 2025 na die staat gister sy slotargumente gelewer het. Malema se prokureur kon nie sy slotargumente voltooi voor die einde van die dag nie.
Volgens Malema kon die staat nie tydens die verhoor bewys dat hy ’n vuurwapen met lewendige ammunisie gebruik het nie.
Malema en Snyman word aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en die afvuur van ‘n vuurwapen naby ‘n skare.
Dit volg na Malema glo ‘n vuurwapen tydens die EFF se vyfde bestaansjaarviering in 2018 op Mdantsane afgevuur het.
The EFF’s Statement on the Closing Arguments in the Case Against CIC Julius Malema
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) December 9, 2024
-Through their arguments, the defence showed that the state failed to even present circumstantial evidence strong enough to warrant a trial of this length and intensity. They argued that the case… pic.twitter.com/CYdjHYF2Ui
Bronne: Jacaranda FM, SABC, Algoa FM, X
Lees ook: Slotargumente in Malema-vuurwapensaak vandag aangehoor





