Lees ook: Maak gereed vir nog ’n hittegolf tot Vrydag
ITALIë. – ’n Meisie (11) is na drie dae ter see gered na die boot met immigrante waarop sy was tydens ’n storm gesink het.
Die meisie van Sierra Leone het vir reddingswerkers gesê daar was 45 mense op die boot toe dit die reis na Europa vanaf Sfax, Tunisië begin het. Sy het vir drie dae in die water gedryf met ’n lewensreddingsbaadjie en binnebande vol lug sonder kos of drinkwater.
CompassCollective, die maatskappy wat die meisie gered het, het gesê die aanname is dat sy die enigste een is wat die ongeluk oorleef het en dat die ander 44 mense verdrink het.
Bronne: DW – South Africa, BBC, Sky News





