Tshwane gewaarsku oor 24-uur Rand Water-afskakeling

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Inwoners van Tshwane word vroegtydig gewaarsku oor ‘n beplande 24-uur Rand Water-afskakeling waartydens reservoirs en watervoorsiening geraak sal word.

Die beplande herstelwerk op die 02-pyplyn sal op 25 en 26 Januarie oor ‘n naweek plaasvind. Waterdienste wat aan die Klipfontein-, Brakfontein- en Hartebeeshoek-reservoirs, wat Tshwane bedien, verskaf word, sal geraak word. Dit sal veroorsaak dat meters en reservoirs lae druk tot geen watervoorsiening kan hê.

Indien moontlik sal reservoirs vooraf gevul word en inwoners word gemaan om water spaarsamig te gebruik.

‘n Lys van gebiede wat geraak word, kan hier onder in die volledige verklaring gekry word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief