Lees ook: Minstens 27 beseer in 6.4-aardbewing in Taiwan
TURKYE. – Sowat 76 persone, insluitend families, is dood na ’n brand by ’n Turkse ski-oord sowat 170 km van die hoofstad Ankara uitgebreek het. Meer as 50 mense is in die brand beseer.
Die brand het gister in die restaurant van die oord op die vierde vloer van die 12-verdieping-gebou begin.
Minstens drie mense, insluitend twee vrouens, is dood na hulle by vensters uitgespring het om aan die vlamme te ontsnap. Lakens is deur sommige van die gaste gebruik om na benede te probeer klouter.
Nege mense is in aanhouding, insluitend die eienaar van die oord, as deel van die ondersoek na die brand. Die regering het ses aanklaers aangestel om die oorsaak van die brand te ondersoek.
❗️🇹🇷 – Fire at Ski Resort Hotel in Turkey Kills at Least 10
— 🔥🗞The Informant (@theinformant_x) January 21, 2025
A devastating fire erupted at a hotel in the Kartalkaya ski resort in Bolu, northwestern Turkey, early Tuesday morning, January 21, 2025. The blaze claimed at least 10 lives and injured 32 others, as confirmed by… pic.twitter.com/FtGdI12IxE
Bronne: Daily Mail, Euronews, The Independent, X





