WES-KAAP. – FlySafair-vlugte is Maandag en Dinsdag weens weersomstandighede van die George-lughawe herlei.
Mphilo Dlamini van Air Traffic and Navigation Services IATNS) SOC Ltd. het gister ‘n opdatering van die situasie gegee en gesê die vlugonderbrekings kom reeds sedert twee dae gelede voor. George-lughawe is deur lae wolke en sterk winde geraak, wat landing op aanloopbaan 29 bemoeilik. Aanloopbaan 11 kan gebruik word, maar die landingsisteem (ILS) is steeds aan instandhouding onderworpe. Om hierdie rede is vlugte vir veiligheid en as voorsorgmaatreël herlei.
Dlamini het verseker die situasie word gemonitor en sal lugrederye en ander rolspelers in die bedryf sal dienooreenkomstig ingelig word.
FlySafair sê passasiers wat geraak is, is direk met ‘n SMS of e-pos gekontak of die platform FlySafair Flight Cancellations kan besoek word. Addisionele vlugte na George is vir vandag geskeduleer:
- FA710: Johannesburg (OR Tambo) na George – 08:30 to 10:30
- FA711: George na Johannesburg (OR Tambo) – 11:05 to 12:55
- FA712: Johannesburg (OR Tambo) na George – 13:45 to 15:45
- FA713: George na Johannesburg (OR Tambo) – 16:20 to 18:10
Die volgende FlySafair-vlugte is gekanselleer:
- FA220: Johannesburg (OR Tambo) na George – 11:00
- FA221: George na Johannesburg (OR Tambo) – 13:35
- FA258: Johannesburg (OR Tambo) na George – 07:30
- FA259: George na Johannesburg (OR Tambo) – 10:05
- FA250: Johannesburg (OR Tambo) na George – 05:55
- FA251: George na Johannesburg (OR Tambo) – 08:30
- FA252: Johannesburg (OR Tambo) na George – 16:00
- FA253: George na Johannesburg (OR Tambo) – 18:35
Verskoning is vir die ongerief gevra. Nuwe inligting is nie tans beskikbaar nie.





