KWAZULU-NATAL. – Twee persone het gesterf toe ‘n vragmotor en bakkie Donderdagaand op die R103, naby Lions Park, buite Pietermaritzburg in ‘n ongeluk betrokke was.
Mi7 National Group Emergency Medical Services sê die diens is saam met ander dienste na die toneel waar agt beseerdes aangetref is. Twee persone is op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is daarna na hospitale vervoer.
KwaZulu Private Ambulance Service sê die impak van die ongeluk het die vragmotor beheer laat verloor, waarna dit omgeslaan het.






