Suid-Afrika se eerste swart kernfisikus, Senamile Masango, is gister in die ouderdom van 38 jaar in ‘n hospitaal na ‘n kort siekbed oorlede.
Lees ook: Aardbewings op Griekse eiland duur voort
Die adjunkpresident, Paul Mashatile, het sy skok oor haar dood uitgespreek en het gesê sy sal gemis word.
Senamile Masango, van Nongoma, KwaZulu-Natal, was die eerste swart vrou wat toegelaat is om as lid van ‘n Afrika-groep eksperminente by die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) uit te voer.
Sy het verskeie toekennings gewen, insluitend die Women in Science-toekenning in 2022. Masango het onlangs begin werk by die Menslike Hulpbronne-ontwikkelingsraad van die Suid-Afrikaanse presidensie. Verskeie organisasies het hulle medelye na haar dood uitgespreek.
Bronne: Die Presidensie, TimesLIVE
Lees ook: Aardbewings op Griekse eiland duur voort





