KHAN YOUNIS. – Hamas het vandag die liggame van vier gyselaars, insluitend die liggame van die Bibas-gesin, aan Israel oorhandig.
Lees ook: Hamas gaan nog 6 gyselaars vrylaat, ook liggame van Bibas-gesin
Die liggame van Shiri Bibas (32) en haar twee seuns, Ariel (4) en Kfir (9 maande), is aan die Rooi Kruis oorhandig na hulle op 7 Oktober uit hulle huis in Kibbutz Nir Oz ontvoer is. Shiri se man is vroeër die maand vrygelaat.
Die vierde liggaam is van Oded Lifshitz (83) wat ook in Kibbutz Nir Oz ontvoer is. Sy vrou, Yocheved Lifshitz, is op 24 Oktober 2023 vrygelaat.
Hamas het vier kiste op ’n verhoog in Khan Younis geplaas met propaganda-boodskappe daaragter.
Die kiste is toe aan die Rooi Kruis oorhandig en daarna aan die Israeliese weermag oorhandig.
Bronne: CNN, BBC, Sky News
Lees ook: Hamas gaan nog 6 gyselaars vrylaat, ook liggame van Bibas-gesin





