WES-KAAP. – Die verhoor van die beskuldigdes in die saak van Joshlin Smith, wat reeds ‘n jaar gelede vermis geraak het, begin op 3 Maart in die Saldanha Multi-Purpose Centre, wat vir die duur van die verhoor tot ‘n hooggeregshof verklaar word.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê vandag (Vrydag) se voorverhoorkonferensie van die saak teen Jacquen Rowhan Appollis, Steveno Dumazio Duwayne van Rhyn en Racquel Chantel (Kelly) Smith was die laaste.
Regter Nathan Erasmus sal die verhoor waarneem en het aangedui die verhoor sal aaneenlopend tot op 28 Maart voortduur. Die verhoor vind op Saldanha plaas sodat die plaaslike gemeenskap maklik die hofverrigtinge kan bywoon.
Ntabazalila bevestig die beskuldigdes sal vir konsultasie na die hooggeregshof geneem word en dan vir doeleindes van die verhoor na Malmesbury oorgeplaas word.
Die polisie het Donderdag aan Nuusflits bevestig die ondersoek en soektog na Joshlin duur steeds voort. Joshlin is glo vir R20 000 deur haar ma en haar medebeskuldigdes verkoop.
Lees meer hier onder:





