JUNEE, NEW SOUTH WALES. – ‘n Australiese man wat die lewens van sowat 2.4 miljoen babas gered het deur bloed te skenk, is in die ouderdom van 88 oorlede.
Lees ook: Gene Hackman en vrou se dood word ondersoek
James Harrison is op 17 Februarie by ‘n ouetehuis in sy slaap oorlede. Hy het oor sowat ses dekades die lewens van 2.4 miljoen babas gered deur meer as 1 100 keer bloedplasma te skenk.
Harrison het as ‘n 18-jarige in 1954 begin bloed skenk na hy bloedoortappings na ‘n longoperasie moes ontvang. Harrison het op 81 ophou bloed skenk.
Sy plasma het teenliggaampies, genaamd Anti-D bevat, wat dokters gebruik om ma’s te help wie se bloed moontlik hulle ongebore babas kan aanval.
Bronne: Euronews, BBC, Sky News





