Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood

Lees ook :

Israel val Gaza aan, 200 mense dood fotokrediet: X

GAZA. – Meer as 200 Palestynse burgers, insluitend kinders, is dood en sowat 100 is beseer na Israel Gaza vanoggend (Dinsdag) aangeval het.

Lees ook: Hamas oorhandig vier liggame aan Israel in ruil vir gevangenes

Benjamin Netanyahu, die eerste minister, se kantoor het bevestig die weermag is beveel om Gaza weer aan te val omdat Hamas geweier het om die oorblywende 59 gyselaars te laat gaan en die mislukking van weke se samesprekings om die aanvanklike skietstilstand verleng te kry.

Hamas het gewaarsku dat Israel die skietstilstand oortree het en die gyselaars nou in gevaar geplaas het.

Die Israeliese lugaanvalle volg slegs ure na ’n beplande betoging teen Netanyahu in Israel sou plaasvind.

Israel wou die eerste fase van die skietstilstand verleng hê, maar Hamas het geweier en wou beweeg na die tweede fase waartydens ’n einde aan die oorlog bespreek sou word en die Israeliese weermag uit Gaza sou onttrek.

Israel het gister benewens Gaza ook Libanon en Sirië in aanvalle geteiken.

Bronne: Euronews, Sky News, CNN

Lees ook: Hamas oorhandig vier liggame aan Israel in ruil vir gevangenes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief