Hoop uit die Woord: Die gawe van vrede

Lees ook :

6 April | Hoop uit die Woord: Die gawe van vrede
6 April | Hoop uit die Woord: Die gawe van vrede

Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!”.

Johannes 20:19

Een van die grootste gawes wat die opgestane Christus aan sy volgelinge, en deur hulle ook aan die wêreld geskenk het, is die gawe van vrede.

Duidelik sien ons dit in Johannes 20:19 wanneer Jesus skielik tussen sy beangste dissipels verskyn met die groet: “Vrede vir julle!”

Hierdie vredesgroet mag ons egter nie misverstaan nie. Want dit behels nie net ‘n belofte van materiële voorspoed of welvaart nie. Of die afwesigheid van oorlog en geweld nie. Nog minder is dit beperk tot bloot ‘n emosie of gevoel van vrede en rus.

Hoewel hierdie elemente deel kan vorm van die vrede wat Jesus beloof het, is sy vrede – in Hebreeus heet dit “sjaloom” – veel ruimer en méér radikaal. “Sjaloom” beteken ‘n allesomvattende herordening van ons lewe waarin alle verhoudinge wat misgeloop het en gebroke is, weer herstel en genees kan word.

Waar “sjaloom” deurbreek, kom vergifnis en versoening op gang en vind daar heling en herstel plaas. Kortliks: Danksy die opstanding van Jesus, kom ʼn nuwe skepping onder andere tot stand (2 Kor 5:17-19).

Is dit nodig om dit te sê: Hoe ons samelewing vandag verlang na mense wat hierdie vrede kan vóórleef en bring?

Here, dankie vir u groot gawe van vrede. Maak ook van ons vandag weer draers van vrede. Amen

Geskryf deur Carel Anthonissen vir Bybel-Media

Om elke dag die Boodskap van Vandag te ontvang, kliek hier. Om hierdie inisiatief te ondersteun, kliek hier.

LEES OOK: Boodskap vir Vandag maak ’n impak!

Vrywaring: Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief