Johandré Blom (7), wat op 21 Maart tydens ‘n krokodilaanval sy arm verloor het, is weer Vrydagmiddag suksesvol geopereer.
Nie net het die seun reeds in die intensiewesorgeenheid rondgestap en grappies gemaak nie, maar ook in ‘n rolstoel rondgery en is na buite geneem om vars lug te kry.
Na Vrydag se operasie het Johandré wel medikasie vir pyn ontvang. Sy gesin sê as die infeksietelling in sy skouer steeds na die naweek laag is, sal ‘n veloorplanting Maandag gedoen word. Op die een wond op sy ribbekas wat ook reeds amper toe is, sal ook Maandag ‘n vel oorgeplant word. Volgens die dokters herstel Johandré ongelooflik vinnig.
Met die BackaBuddy-profiel wat vir Johandré geskep is, is reeds bykans R400 000 ingesamel. Verskeie ander fondsinsamelingsprojekte is vir hom aangepak en hy is ook deur Radio Jacaranda 94.2 FM se Good Morning Angels-program ondersteun.
Bron: Johandré Blom Support Page
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





