4-jarige deur familiehond aangeval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleuterseun is Vrydagaand net na 18:00 ernstig beseer toe hy in Mainweg, Malvern, deur ‘n familiehond aangeval is.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het verskeie oproepe oor ’n ernstige hondaanval gekry. Met paramedici se aankoms op die toneel is die kleuterseun in ‘n kritieke toestand met ernstige bytmerke aan sy lyf aangetref. Gevorderde lewensondersteunende paramedici het die kind op die toneel gestabiliseer voordat hy vir dringende mediese sorg na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is.

Jamieson bevestig die SAPS en die DBV het op die toneel opgedaag en die familiehond, wat opgesluit is, hanteer.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die aanval gelei het, onbekend. Die SAPD sal die insident hanteer.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief