Ma en kind ernstig in botsing beseer

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ’n Ma en haar kind is Maandagmiddag ernstig beseer in ‘n botsing op die Phoenix-en-Ridgecroft-kruising.

KZN VIP Protection Services-nooddienste is na die toneel van ‘n groot botsing ontbied. Mediese personeel het onmiddellik begin om die beseerde ma en kind te stabiliseer. Volgens dié diens het ooggetuies gesê ’n minibustaxi het glo versuim om by die kruising stil te hou, wat tot die botsing gelei het. Die skuifdeur van die taxi is beskadig toe dit ’n verkeerslig getref het, wat veroorsaak het dat sommige passasiers uit die voertuig geslinger is.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ’n nabygeleë mediese fasiliteit gehaas is. Verkeer in die gebied is ernstig ontwrig terwyl nooddienste die toneel opgeruim het.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief