Vier kinders dood na voertuig deur naskoolkamp ry

Lees ook :

Vier kinders dood na voertuig deur naskoolkamp ry fotokrediet: X

ILLINOIS, VSA. – Vier kinders is dood na ’n voertuig deur ‘n naskoolkamp in Illinois gery het.

Lees ook: Verdagte aangekla van moord na voertuig tussen skare inploeg

Al die oorledenes was vroulike leerlinge tussen vier en 18 jaar oud.

Die voertuig het Maandag verskeie mense buite die naskoolkamp getref voor dit deur die gebou gery het en verskeie persone in die gebou getref het. Ses persone is beseer en deur ambulanse na die hospitaal vervoer.

Die bestuurder is nie beseer nie en is na ‘n hospitaal vir waarneming geneem.

Dit is onbekend of die bestuurder opsetlik deur die gebou gery het.

Bronne: BBC, CNN, The Independent

Lees ook: Verdagte aangekla van moord na voertuig tussen skare inploeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief