Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte aangekla van moord na voertuig tussen skare inploeg

Verdagte aangekla van moord na voertuig by skare inploeg

fotokrediet; X
Verdagte aangekla van moord na voertuig by skare inploeg fotokrediet; X

VANCOUVER. – Die verdagte wat met sy voertuig tussen ’n skare tydens die Lapu Lapu-fees in Vancouver ingeploeg het, is van moord aangekla.

Lees ook: Verskeie mense dood na bestuurder in skare by Vancouver-fees inploeg

Kai-Ji Adam Lo (30) het glo Saterdag die dood van 11 mense, tussen vyf en 65 jaar, veroorsaak toe hy met sy voertuig in ’n skare by die Lapu Lapu-fees ingeploeg het.

Die polisie het gesê die verdagte het ’n geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme. Hulle glo nie dit was ‘n terreuraanval nie; hy het die aanval alleen uitgevoer.

Kai-Ji Adam Lo is in hegtenis geneem na hy deur omstanders gevang is. Hy word aangekla van agt aanklagte van moord en nog aanklagte kan bygevoeg word.

Bronne: Irish Examiner, The Irish News, ABP – Live

Lees ook: Verskeie mense dood na bestuurder in skare by Vancouver-fees inploeg