VRYSTAAT. – Gert Bruhns (85) het vanoggend in hof-aanhouding ineengestort en gesterf. Hy was van moord op Erich Bruhns (56), sy seun, aangekla. Bruhns moes vandag vir ‘n formele borgtogaansoek in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Lizzy Suping, woordvoerder vir Opod, het aan Nuusflits bevestig die departement se voorlopige ondersoek het pas begin. Volgens inligting is Bruhns van Grootvlei Korrektiewe Sentrum, waar hy aangehou is, na die hof vervoer. Bruhns het na bewering in die hofselle ineengestort en is deur paramedici daar dood verklaar.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





