Klag nou moord nadat pa seun in nek skiet

Lees ook :

Foto: Facebook

VRYSTAAT. – Gert Bruhns (85) het op aanklag van moord op Erich Bruhns (56), sy seun, in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 29 April uitgestel.

Sers. Mahlomola Kareli sê Bainsvlei-polisie het die aanklag van poging tot moord na moord verander. Volgens die polisie is die slagoffer op 19 April in die hospitaal opgeneem, nadat hy glo by ‘n woning in Midhurstlaan deur sy bejaarde pa in die nek geskiet is. Die verdagte is kort ná die voorval in hegtenis geneem terwyl hy na bewering probeer vlug het.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief