Donald Trump beveel dat Alcatraz-tronk weer oopgemaak word

Lees ook :

Donald Trump beveel dat Alcatraz tronk weer oopgemaak word fotokrediet: X

VSA. – Donald Trump het gesê hy het sy regering beveel om die Alcatraz-tronk weer oop te maak en te vergroot.

Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela

Hy het op sy sosialemedia-webtuiste, Truth Social, gesê: “Vir te lank is Amerika deur gewelddadige kriminele wat herhaaldelik misdaad pleeg, geteister.” Die heropening van Alcatraz, destyds een van die VSA se berugste tronke, sal volgens hom dien as ’n “simbool van wet, orde en geregtigheid”.

Trump het gesê die “ergste en gewelddadigste kriminele” sal na Alcatraz gestuur word. Hy het vervolg: “Ons sal nie langer gyselaar gehou word deur misdadigers en regters wat te bang is om hulle werk te doen en ons toe te laat om misdadigers wat onwettig in ons land ingekom het, te verwyder nie”.

Dié uitsprake volg na verskeie regters teen Trump se administrasie oor sy maatreëls vir deportasie beslis het. ’n Distriksregter in Texas het beslis Trump se gebruik van ’n 1798-oorlogswet om Venezolaanse immigrante te deporteer wat vermoedelik bendelede is, is “onwettig”.

Bronne: BBC, NBC News, The Independent

Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief