WASHINGTON, VSA. – Sakeman Johann Rupert en gholfspelers Ernie Els en Retief Goosen gaan vandag die vergadering tussen presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump bywoon.
Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump vergader vandag by Withuis
Johann Rupert, die rykste man in Suid-Afrika, het glo die ontmoeting tussen Ramaphosa en Trump moontlik gemaak en Els het Trump glo oortuig om daartoe in te stem. John Steenhuisen, Parks Tau, Ronald Lamola en Khumbudzo Ntshavheni sal ook in die vergadering teenwoordig wees.
Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, die minister van verdediging, Pete Hegseth, dr. Massaid Bolous, ’n kenner van Afrika- en Midde-Oosterse politiek, en adjunkminister Christopher Landau sal ook by die ontmoeting in die Withuis wees.
Bronne: EWN, The Citizen, eNCA
Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump vergader vandag by Withuis






One Response
Om wat daar te gaan maak?