Tienerseun ernstig in motorfietsongeluk beseer

Lees ook :

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tiener (17) is Donderdagmiddag ernstig in ‘n motorfietsongeluk in Northdale beseer. Die tiener het gevorderde lewensondersteuning benodig.

Mi7 National Group sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens se nooddiens is kort voor 14:00 ontbied ná berigte van die tiener wat ernstige beserings opgedoen het. Paramedici het die seun op ‘n sypaadjie buite ‘n woonperseel aangetref. Die motorfiets se remme het vermoedelik gefaal, waarna die seun met sy kop eerste teen ‘n heining vasgery het. Lede van die publiek het met behandeling begin en het teen die tyd wat paramedici op die toneel aangekom het, daarin geslaag om die meeste van die bloeding te stop.

Nadat die tiener deur middel van gevorderde lewensondersteuning gestabiliseer is, is hy vir verdere mediese behandeling deur Mi7-paramedici na ’n plaaslike hospitaal vervoer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief