KWAZULU-NATAL. – Die hoofverdagte in Olorato Mongale se moordsaak is in die vroeë oggendure (Vrydag) tydens ‘n skietery met die polisie in Amanzimtoti doodgeskiet. Mongale het Sondag ‘n afspraak met ene “John” gehad wat glo ‘n wit VW Polo bestuur het, waarna haar liggaam by Lombardy-Wes, in Gauteng, gevind is.
Volgens brig. Athlenda Mathe, die nasionale polisiewoordvoerder, en kol. Robert Netshiunda, woordvoerder in KZN, is dit steeds ‘n aktiewe misdaadtoneel. Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale polisiekommissaris, was op die toneel teenwoordig, totdat hy kort ná 06:00 na ‘n ander verpligting buite die provinsie moes vertrek.
Die ouers van en van die verdagtes se ouers is in aanhouding. Die verdagte se pa is die eienaar van die Polo wat glo in die misdaad gebruik is. Volgens brig. Mathe het die ma blykbaar haar seun oor die polisie se soektog gewaarsku – en so gesorg dat hy nie Woensdagaand in hegtenis geneem is nie. Toe die polisie in Inanda aangekom het, waar die verdagte bly, was hy reeds weg.
Soos wat meer inligting na vore kom sal Nuusflits lesers op hoogte hou. Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





