KWAZULU-NATAL. – Moira Harding, deelnemer M33485 aan die Comrades Marathon 2025, word vermis nadat sy die wedloop Sondagmiddag voltooi het.
‘n Plasing is op die Comrades Marathon se sosiale media gemaak, waarin bevestig is dat Harding omstreeks 16:52 met die wedloop klaargemaak het, maar sy is sedertdien nog nie weer gesien nie.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, word gevra om Gords Ried by 082 064 3030 te bel.
Harding se foto word wyd op sosiale media versprei en selfs die minister van sport, Gayton McKenazie, het gevra inligting moet gedeel word om Harding op te spoor.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





