IRAN. – Die Israeliese weermag het bekend gemaak Iran het met weerwraak begin ná Israel se aanval op kernaanlegte deur ongeveer 100 hommeltuie na Israel te stuur.
Lees ook: Israel dood Iranse hoof van Rewolusionêre Wag
Iran se leier, die ajatolla Ali Khamenei, het gesweer om ’n “erge straf” toe te dien ná Israel se aanval Iran se kernaanleg beskadig het en verskeie militêre personeel en wetenskaplikes gedood het. Die hoof van die Rewolusionêre Wag, Hossein Salami, en die stafhoof van Iran se gewapende magte, Mohammad Bagheri, is ook in die aanval dood.
Die woordvoerder vir die Iranse magte, brig.genl. Abolfazl Shekarchi, het beweer Amerika was betrokke by die aanval en het gesê: “Israel en die VSA gaan ’n swaar prys vir die aanval betaal”.
Die VSA het ontken dat dit betrokke was by die aanvalle.
Bronne: Sky News, The Indian Express, BBC





