OOS-KAAP. – Die dodetal in die oorstromings in die Oos-Kaap het tot 91 gestyg nadat die liggaam van ’n meisie, tussen 17 en 20 jaar oud, langs die Mthatha-rivier gevind is.
Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg steeds
Reddingswerkers het gewaarsku die dodetal kan nog styg en het mense aangemoedig om vermiste familielede by die polisiekantore aan te meld.
Die Oos-Kaapse regering het vandag as ’n dag van rou in Mthatha verklaar vir die slagoffers van die oorstromings.
Die regering het gesê dit sal sowat R1.2 miljard nodig hê om huise en infrastruktuur te herbou wat in die oorstromings vernietig is. Dr. Elias Sithole, hoof van nasionale rampbestuur, het die dele van die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat wat deur hewige oorstromings getref is, tot nasionale rampgebiede in die Staatskoerant verklaar.
Bronne: EWN, South Africa Today, The Citizen
Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg steeds





