Nigeriese president beveel veiligheidsagentskappe om verdagtes te vang ná 150 se dood

Lees ook :

Nigeriese president beveel veiligheidsagentskappe om verdagtes te vang ná 150 se dood fotokrediet: X

NIGERIЁ. – Die president van Nigerië, Bola Tinubu, het die week veiligheidsagentskappe beveel om die verdagtes wat die naweek die dood van 150 mense veroorsaak het, te vang.

Lees ook: Dodetal styg tot 150 ná aanval in Nigerië

Tinubu het die Benue-staat besoek ná die naweek se aanval toe gewapende verdagtes by die Yelewata-gemeenskap ingestorm het en op die mense begin skiet het en hulle huise aan die brand gesteek het.

Tinubu het belowe die verdagtes sal in hegtenis geneem word.

Owerhede in die Benue-staat het herders vir die aanval blameer. Daar is konflik tussen die herders en boere in die gebied met die boere wat beweer herders vernietig hulle grond deur hulle diere daar te laat wei.

Bronne: AfricaNews, The Independent, INKL.

Lees ook: Dodetal styg tot 150 ná aanval in Nigerië

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief