’n Kouefront wat vandag begin het, het tot verskeie weerwaarskuwings gelei wat tot Vrydag geld.
Lees ook: Waarskuwing vir erge kouefront uitgereik
Die kouefront sal na verwagting Donderdag en Vrydag deur die Oos-Kaap beweeg met waarskuwings oor koue temperature en erge wind.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge winde wat wegholbrande kan veroorsaak, is vir vandag tot Donderdag vir Chris Hani DM, Joe Gqabi DM, Sarah Baartman DM, Raymond Mhlaba LM en Amahlathi LM en oor die kusgebiede tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen uitgereik.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir wind en deinings is uitgereik vir Donderdag tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen met ’n geel vlak 1-waarskuwing vir sneeu vir Senqu en Elundini LMS.
Vir vandag is ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën en oorstromings vir die Wes-Kaap uitgereik. ‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge wind is uitgereik vir vandag vir die Noord-Kaap en ‘n geel vlak 1-waarskuwing vir erge wind is vir vandag vir KZN uitgereik.
Bronne: SAWD
Lees ook: Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede





