‘Sangoma’ laat vaar sy borgtogaansoek van tweejarige se dood

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Sebokoana Khounyana (50),’n onwettige Lesotho-burger en sangoma, het sy borgtogaansoek in die Vanderbijlpark-landdroshof laat vaar. Hy staan op aanklagte van moord met voorbedagte rade en mensehandel van die Kutlwano Shalaba (2), asook dat hy onwettig in die land is, tereg.

Lumka Mahanjana, NVG-landdroshof sê Kuneuwe Portia Shalaba (32), die kleuter se ma en Khounyana se mede-beskuldigde, staan op aanklagte van moord met voorbedagte rade, mensehandel, sameswering om roof te pleeg en die aflê van ’n vals verklaring aan die polisie tereg. Na bewering het die moeder op 10 November 2024 die kind na die sangoma geneem en hom gevra om haar kind dood te maak omdat sy nie tevrede was met die geslag van die baba nie. Sy was glo moeg om vir haar familie weg te steek dat die kind ’n meisie is. Die moeder het glo die kind gif gegee en ná die kind se dood het die twee glo die liggaam in ’n vlak graf in Waterpan begrawe. Na ondersoeke deur die polisie is die sangoma op 29 Mei 2025 in hegtenis geneem. Hy het daarna ’n bekentenis afgelê en aan die polisie gewys waar die liggaam van die kind begrawe is.

Na ’n kort verskyning in die hof is die saak tot 6 Augustus 2025 vir verdere ondersoek uitgestel. Die hof het vroeër die moeder se borgtogaansoek van die hand gewys. DIe ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief