‘Sangoma wys oorskot in vlak graf uit’, DNS-toetsing volg

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Man, vermoedelik ‘n sangoma, is Donderdag (eergisgter) in hegtenis geneem nadat hy die oorskot van ‘n kind in ‘n vlak graf naby Bekkersdal uitgewys het.

Die ma van Kutloano (Kutlwano) Shalaba (2) het op 13 November beweer dat hy ontvoer is. Die polisie het daarna ‘n Amber Alert uitgereik. Hulle vermoed egter nou dat die ma self by die kind se verdwyning betrokke is.

Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê die ma is sedertdien in aanhouding, met borgtog wat teengestaan is.

Die “sangoma” het die polisie na ’n vlak graf op Waterpanpad naby die R28 in Bekkersdal gelei waar die oorskot van ‘n peuter gevind is. ‘n DNS-ontleding sal gedoen word om die kind se identiteit vas te stel.

“Die moeder en die vermeende sangoma sal Maandag, 2 Junie 2025, op aanklagte van moord en mensehandel in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn,” sê Sibeko.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief