Ons dogtertjie is hier! – Demi-Leigh Tebow

Lees ook :

Foto's: Demi-Leigh Tebow

Demi-Leigh (neé Nel-Peters) en Tim Tebow het Maandag aangekondig hulle dogtertjie, Daphne Reign Tebow, is op 6 Julie gebore.

Gebore in Sedgefield in die Wes-Kaap, het die nuwe mamma die loopplanke van Suid-Afrika as Mej. Varsity Cup in 2015 en ‘n Top 5-finalis van Mej. Tiener SA in 2010 verower. Dit het gelei na Mej. SA en Mej. Heelal in 2017.

Gedurende haar tyd as Mej. SA het Demi-Leigh vir Tebow ontmoet, ‘n voormalige professionele Amerikaanse voetbal- en bofbalspeler. Hulle het in 2019 op sy familieplaas in Jacksonville, Florida, verloof geraak en die volgende jaar in Franschhoek, Wes-Kaap getrou. Die egpaar het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle hul eersteling verwag. Soos Tebow, is Demi-Leigh by die Christelike organisasie, die Tim Tebow Foundation, betrokke.

“Ons kan nie meer dankbaar wees vir die seën en geskenk van hierdie nuwe klein lewetjie nie. Ons is ongelooflik dankbaar teenoor die hele mediese span wat ons op die beste moontlike manier bygestaan het tydens die geboorte. Van ons dokter tot die verpleegpersoneel en al die hospitaalpersoneel – ons waardeer en bedank julle opreg. Aan my dierbare vriendin @hannahjanoe, baie dankie dat jy een van die mees spesiale oomblikke van ons lewe so perfek vasgevang het. Dankie aan elkeen wat saam met ons gebid het oor haar koms. Ons is ongelooflik dankbaar vir al die liefde en ondersteuning wat ons gevoel het. Ons kan nie wag om haar naam binnekort met julle te deel nie.”

“Ons was so opgewonde om dit met julle te deel… Ontmoet ons dogtertjie, Daphne Reign Tebow.

Daphne is ’n naam wat al vandat ek ’n klein dogtertjie was, baie na aan my hart lê. Ek het nooit my ma se ma ontmoet nie, maar haar suster, Daphne, het as ’n oumafiguur in my lewe ingetree. Sy was ongelooflik spesiaal vir my en my ma – ’n klein, saggeaarde en sterk Suid-Afrikaanse vrou wat altyd brosbrood in die huis gehad het, die beliggaming van deursettingsvermoë en genade was, Jesus liefgehad het, die stem van ’n engel gehad het, en elke persoon spesiaal en gesien laat voel het. Ek het altyd vir my ma gesê: “Ek wil eendag net soos ouma Daphne wees.” Ek was van kleins af lief vir hierdie naam en sover ek kan onthou, het ek altyd gesê dat as ek ooit met ’n dogtertjie geseën sou word, ek haar Daphne sou noem. Kort nadat Tim en ek getroud is, het ek daardie begeerte met hom gedeel, en gelukkig was hy net so lief vir die naam soos ek! En Reign… dit is ’n naam met soveel betekenis. Dit is geïnspireer deur ’n kosbare dogtertjie vir wie Tim en ek al jare diep lief is. Haar storie het ons harte gevorm op maniere wat ek nie eers kan begin beskryf nie. Maar bowenal herinner haar naam ons daaraan dat wanneer jy in God se familie aangeneem word, jy ’n kind van die Koning word. Jy is gemaak om te heers – nie met mag nie, maar met doel, liefde en identiteit. Hier is sy dus – ons dogter. Ons gebedsverhoring. Daphne Reign Tebow – geskape na die beeld van God. Koninklik as Sy prinses. Ons grootste gebed vir haar lewe is dat sy sal regeer binne God se doel vir haar lewe.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief