GAUTENG. – Divann Lamprecht van Hoërskool Kempton Park het op 3 Julie, ongeveer vyf maande ná sy ma, gesterf. Kyk hier na die erewag vir Divann Lamprecht, wat deur sy onbaatsugtige daad as orgaanskenker as ‘n held geëer word.
Arwyp Medical Centre in Kempton Park het die erewag-video op sosiale media gedeel: “Ons het in stilte gestaan, in eenheid en in dankbaarheid, terwyl ons vir die laaste keer ’n eregroet gebring het aan ’n ware held – Divann Lamprecht. Deur die gawe van orgaanskenking het Divann gekies om lewe aan ander te gee. Sy onbaatsugtige daad leef voort in dié wat hy gered het.
Mag sy moed en meegevoel nooit vergete raak nie. Ons salueer jou, Divann. Dankie dat jy ’n lig in hierdie wêreld was.”
Hoërskool Kempton Park sê in ‘n sosialemediaplasing Divann sal op Woensdag 16 Julie omstreeks 11:00, by die plaaslike Kaleido Church gegroet word.
Lees ook meer hier:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





