TEXAS, VSA. – Altesaam 11 leerlinge en die busbestuurder is beseer toe ‘n skoolbus met 42 kinders van die pad afgery en omgeslaan het toe dit gister op pad was om leerlinge af te laai ná hulle eerste dag terug by die skool.
Lees ook: Vrou dood ná tak in Britse park op haar val
Die assistenthoof van die Austin-Travis-nooddienste het gesê een persoon het lewensbedreigende beserings opgedoen en twee het ernstige beserings.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Bronne: The Independent, ABC News, New York Post





