GASASTAD. – Die Israeliese weermag het verskeie dele van Gasastad aangeval ter voorbereiding vir die oorname van Gasastad.
Lees ook: Wêreldleiers kritiseer Israel vir besluit om Gasa oor te neem
Volgens die Hamas-bestuurde gesondheidsministerie is 64 mense dood en byna 300 beseer in Israel se aanvalle dié naweek. Die gesondheidsministerie het gesê die dodetal sedert die oorlog begin het, staan op 62 686 met 157 951 persone wat beseer is.
Die VN het Vrydag ’n verslag vrygestel waarin hongersnood in Gasa vir die eerste keer bevestig is. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die verslag verwerp en gesê die kriteria om ’n hongersnood te verklaar, “is verander om Hamas te bevoordeel”.
Bronne: BBC, Sky News, RTE
Lees ook: Wêreldleiers kritiseer Israel vir besluit om Gasa oor te neem





